Numbers 22:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volgende dag het Balak Bíleam geneem en hom op die hoogtes van Baäl gebring, sodat hy daarvandaan die einde van die volk kon sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende oggend het Balak vir Bileam saam met hom na Bamot-Baäl gevat. Van daar af kon hy sien tot waar die volk staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die môre het Balak B¡leam geneem en hom op die hoogtes van Baäl laat opklim vanwaar hy die kant van die volk kon sien. |
| Afrikaans 1983 | Die volgende môre het Balak vir Bileam teen Bamot-Baäl laat uitklim. Daarvandaan kon Bileam die volk Israel van die kant af sien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volgende môre het Balak vir Bileam geneem en hy het hom die berg Bamot-Baäl laat uitklim. Daarvandaan het Bileam 'n deel van die volk gesien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volgende oggend het Balak vir Bileam na die stad Bamot-Baäl geneem. Bileam kon van daar die kant van die Israeliete se tente sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende oggend het Balak vir Bileam teen die hoogtes van Bamot-Baäl laat uitklim. Toe Bileam van daar af kyk, het hy ’n gedeelte van die Israeliete gesien. |