Numbers 22:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moab aan die oudstes van Mídian: Nou sal hierdie menigte almal wat rondom ons is, oplek soos 'n bees die gras van die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was in dié tyd koning van die Moabiete.
Afrikaans (NLV) 2011 Balak, koning van die Moabiete, het vir die leiers van die Midianiete gesê: “Hulle sal alles rondom ons verteer soos ’n bees die gras in die veld wegvreet.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Moab vir die oudstes van M¡dian: Nou sal hierdie menigte opeet alles wat rondom ons is, soos 'n bees die groenigheid van die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was die tyd koning van Moab.
Afrikaans 1983 en het vir die leiers van Midian gesê: “Hierdie horde gaan alles rondom ons opvreet soos beeste die gras in die veld opvreet.” Balak seun van Sippor was destyds koning van Moab
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Moab vir die oudstes van Midian: “Nou gaan hierdie horde alles rondom ons opeet, soos beeste die groen gras in die veld opvreet.” Balak, seun van Sippor, was koning van Moab in daardie tyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hulle het vir die leiers van die Midianiete gesê: “Hierdie klomp mense sal alles rondom ons op-eet soos 'n bees die groen gras in die veld opvreet.” Balak seun van Sippor was in daardie tyd koning van die Moabiete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het hulle vir die leiers van Midian die volgende boodskap gestuur: “Hierdie horde mense gaan alles rondom hulle kaalstroop, soos ’n bees die gras rondom hom kaalvreet.” Koning Balak van Moab