Numbers 22:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Bíleam vir Balak: Kyk, ek het na jou toe gekom; het ek nou hoegenaamd enige mag om iets te sê? die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bileam sê vir Balak: “Ek het dan nou gekom. Ek kan net sê wat God my laat sê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En B¡leam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek? Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek. |
| Afrikaans 1983 | Bileam het vir Balak geantwoord: “Ek het mos nou gekom. Maar laat ek net dit sê: Ek kan net sê wat God vir my voorsê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bileam het vir Balak gesê: “Kyk, ek het na u toe gekom. Maar nou, kan ek hoegenaamd uit myself enigiets sê? Die woord wat God in my mond lê, net dit mag ek sê.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Bileam het vir Balak gesê: “Hier is ek, ek het na jou toe gekom. Maar onthou, ek kan niks sê wat ekself wil sê nie. Ek kan net sê wat God vir my sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bileam het geantwoord: “Ek is mos nou hier. Maar onthou, ek kan niks uit my eie sê nie. Ek kan net sê wat God my toelaat om te sê.” |