Numbers 22:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Balak hoor dat Bíleam aangekom het, het hy uitgegaan hom tegemoet na 'n stad van Moab wat aan die grens van Arnon lê, aan die uiterste kusgebied.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Balak hoor dat Bileam op pad is, het hy gegaan om hom te ontmoet by ’n Moabitiese stad op die grens van sy gebied, in die omgewing van die Arnonrivier.
Afrikaans 1933/1953 Toe Balak hoor dat B¡leam kom, het hy uitgetrek hom tegemoet na Ir-Moab wat by die grens van die Arnon lê, by die uiteinde van die grondgebied.
Afrikaans 1983 Toe Balak hoor dat Bileam aan die kom is, het hy hom tegemoet gegaan by Ar-Moab aan die oewer van die Arnon, op die grens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Balak hoor dat Bileam aan die kom is, het hy uitgegaan om hom te ontmoet by die Moabitiese dorp wat op die Arnongrens lê, aan die grens van sy grondgebied.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Balak hoor dat Bileam gekom het, het hy hom gaan ontmoet by die stad Ir-Moab, naby die Arnon-rivier, op die verste grens van die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe koning Balak hoor dat Bileam op pad is, is hy reguit na hom toe. Hulle het mekaar raakgeloop by ’n Moabitiese stad langs die Arnonrivier op die grens van sy gebied.