Numbers 22:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die Engel van die HERE vir Bíleam: Gaan saam met die manne; maar net die woord wat Ek met jou sal spreek, moet jy spreek. En Bileam het saam met die vorste van Balak gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die engel van die Here sê vir Bileam: “Gaan tog nou saam met die mans. Maar net wat ek vir jou voorsê, mag jy ook sê.” Bileam het toe saam met die amptenare gegaan.
Afrikaans 1933/1953 En die Engel van die HERE sê vir B¡leam: Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek. So het B¡leam dan met die vorste van Balak saamgegaan.
Afrikaans 1983 Toe sê die Engel van die Here vir Bileam: “Gaan saam met die manne, maar jy moet net sê wat Ek vir jou sê.” Bileam is toe saam met Balak se amptenare.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Engel van die Here sê toe vir Bileam: “Gaan saam met die manne; maar die woord wat Ek vir jou sê, slegs dit mag jy sê.” Bileam het toe saam met die hoë amptenare van Balak gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Engel van die Here het vir Bileam gesê: “Nee, gaan saam met die mans, maar jy moet net sê wat Ek vir jou sê.” Bileam het toe saam met die amptenare van Balak gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê die Engel van die Here vir hom: “Nee, gaan saam met hierdie mense, maar jy mag net sê wat Ek vir jou sê, niks anders nie.” Bileam is toe verder saam met Balak se boodskappers.