Numbers 22:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Bíleam aan die Engel van die HERE: Ek het gesondig; want ek het nie geweet dat jy teen my in die pad gestaan het nie; dan sal ek my nou weer terugkry as dit jou mishaag.
Afrikaans (NLV) 2011 Bileam bely toe voor die engel van die Here: “Ek het ’n fout gemaak. Ek het nie gesien u staan voor my in die pad nie. As dit vir u verkeerd is dat ek gaan, sal ek liewer omdraai.”
Afrikaans 1933/1953 Toe antwoord B¡leam die Engel van die HERE: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.
Afrikaans 1983 Bileam sê toe vir die Engel van die Here: “Ek was verkeerd, ek het nie geweet dat U my in die pad voorstaan nie. As U nie wil hê ek moet voortgaan nie, draai ek om.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê Bileam vir die Engel van die Here: “Ek het gesondig, want ek het nie besef dat dit U is wat teenoor my in die pad staan nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek graag omdraai.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Bileam sê toe vir die Engel van die Here: “Ek het verkeerd gedoen, ek het nie geweet dat U voor my in die pad staan nie. Maar as U nie wil hê dat ek verder moet gaan nie, dan sal ek teruggaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bileam sê toe vir die Engel van die Here: “Ek is jammer oor wat ek gedoen het. Dit was verkeerd. Ek het nie besef U staan voor my in die pad nie. Ek sal omdraai as U nie wil hê ek moet verder gaan nie.”