Numbers 22:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die Engel van die HERE vir hom: Waarom het jy jou esel al drie maal geslaan? kyk, ek het uitgegaan om jou teë te staan, want jou weg is verkeerd voor my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hoekom het jy die donkie nou al drie keer geslaan?” vra die engel van die Here vir hom. “Ek het gekom om jou voor te keer, want jy is op die verkeerde pad. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Engel van die HERE vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as 'n teëparty, want jou weg loop gevaarlik steil in my oog! |
| Afrikaans 1983 | Die Engel van die Here vra hom toe: “Waarom het jy jou donkie nou al drie keer geslaan? Ek het jou kom voorstaan, want Ek sien jy is op 'n gevaarlike pad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Engel van die Here het hom gevra: “Waarom het jy jou donkie nou drie maal geslaan? Kyk, Ek het self na vore getree as 'n teenstander, want die pad wat voorlê, is steil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Engel van die Here het vir hom gesê: “Hoekom het jy die donkie drie maal geslaan? Ek het self gekom om jou te stop, want jy sal nie by My kan verbykom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Engel van die Here vra toe vir hom: “Waarom het jy jou donkie nou al drie keer geslaan? Ek het jou juis kom voorkeer, want jy is op pad na jou ondergang toe. |