Numbers 22:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die HERE die oë van Bíleam geopen, en hy sien die Engel van die HERE in die pad staan met sy ontblote swaard in sy hand; en hy het sy hoof gebuig en plat op sy aangesig geval.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die Here Bileam se oë laat oopgaan. Hy sien toe die engel van die Here in die pad staan met die swaard in sy hand. Hy het toe vooroor op die grond geval.
Afrikaans 1933/1953 Toe open die HERE die oë van B¡leam, sodat hy die Engel van die HERE in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.
Afrikaans 1983 Die Here het Bileam se oë oopgemaak en hy het die Engel van die Here in die pad sien staan met 'n ontblote swaard in die hand. Toe buig Bileam voor die Engel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here maak toe Bileam se oë oop, sodat hy die Engel van die Here in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand. Bileam het gekniel en met sy gesig teen die grond gebuig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe maak die Here Bileam se oë oop, en hy sien die Engel van die Here staan in die pad, die Engel het sy swaard in sy hand vasgehou. Bileam het gebuig en hy het gaan lê met sy gesig teen die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here maak toe Bileam se oë oop en hy het die Engel van die Here met sy groot swaard daar in die pad sien staan. Toe buig Bileam voor die Engel.