Numbers 22:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die esel sê vir Bíleam: Is ek nie jou esel waarop jy gery het vandat ek joune was tot vandag toe nie? was ek ooit gewoond om dit aan jou te doen? En hy sê: Nee!
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek is dan jou donkie waarop jy nog altyd gery het,” sê die donkie. “Is dit hoe ek altyd met jou maak?” “Nee,” sê Bileam.
Afrikaans 1933/1953 En die esel sê vir B¡leam: Is ek nie jou esel waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee.
Afrikaans 1983 Toe sê die donkie vir Bileam: “Is ek nie die donkie waarop jy nog altyd gery het nie? Maak ek altyd so met jou?” en Bileam antwoord: “Nee!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die donkie sê toe vir Bileam: “Is ek nie jou donkie waarop jy jou lewe lank tot vandag toe gery het nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te maak?” Hy antwoord: “Nee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die donkie: “Ek is jou donkie, jy het altyd tot vandag toe op my gery. Het ek voorheen dit met jou gedoen?” Bileam het gesê: “Nee, jy het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe vra die donkie vir Bileam: “Is ek nie dieselfde donkie waarop jy nog altyd gery het nie? Het ek al ooit voorheen so met jou gemaak?” “Nee,” moes Bileam erken.