Numbers 22:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die esel die Engel van die HERE sien, het sy haarself teen die muur gedruk en Bíleam se voet teen die muur gedruk, en hy het haar weer geslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die donkie die engel van die Here sien staan, het hy teenaan die muur probeer verbyskuur. Bileam se voet is teen die muur vasgedruk. Bileam het hom toe weer geslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die esel die Engel van die HERE sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook B¡leam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan. |
| Afrikaans 1983 | Toe die donkie die Engel van die Here gewaar, skuur die donkie teen die muur langs en druk Bileam se voet daarteen vas. Bileam slaan hom toe weer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die donkie het die Engel van die Here gesien, sy het haarself teen die muur vasgedruk, en so Bileam se voet teen die muur gedruk. Hy het haar toe weer geslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die donkie die Engel van die Here sien, het sy baie naby langs die muur probeer verbyloop en sy het Bileam se been teen die muur vasgedruk. Bileam het die donkie weer geslaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die donkie die Engel van die Here daar sien staan, het hy probeer om tussen die Engel en die muur deur te skuur. In die proses het hy Bileam se voet teen die muur vasgedruk. Bileam was kwaad en het weer die donkie geslaan. |