Numbers 22:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe die esel die engel van die HERE in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand; en die esel het van die pad af weggedraai en die veld ingegaan; en Bíleam het die esel geslaan om haar op die pad te verander.
Afrikaans (NLV) 2011 Bileam se donkie het die engel van die Here voor hom in die pad sien staan met ’n swaard in sy hand. Die donkie het uit die pad weggedraai en deur die veld gaan loop. Bileam het die donkie geslaan om hom na die pad toe terug te dwing.
Afrikaans 1933/1953 En die esel het die Engel van die HERE in die pad sien staan, met sy ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar B¡leam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur.
Afrikaans 1983 Toe die donkie die Engel van die Here in die pad sien staan met 'n ontblote swaard in die hand, het die donkie uit die pad gedraai en die veld in geloop. Toe Bileam die donkie slaan om hom in die pad terug te bring,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die donkie het die Engel van die Here met sy ontblote swaard in sy hand in die pad sien staan. Die donkie draai toe van die pad af en loop die veld in. Bileam het die donkie geslaan om haar na die pad te laat terugdraai.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die donkie het gesien dat die Engel van die Here in die pad staan, en dat die Engel sy swaard in sy hand het. Die donkie draai toe uit die pad en gaan in die veld in, maar Bileam het die donkie geslaan om haar te laat terugdraai na die pad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die donkie die Engel van die Here in die pad sien staan met ’n groot swaard in sy hand, het die donkie verskrik uit die pad uit gespring die veld in. Bileam het die donkie geslaan en hom teruggedwing pad toe.