Numbers 22:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Bíleam het die môre klaargemaak en sy esel opgesaal en saam met die vorste van Moab gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bileam het die volgende oggend opgestaan, sy donkie ingespan en saam met die amptenare van Moab gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe maak B¡leam die môre klaar en saal sy eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab. |
| Afrikaans 1983 | Bileam het toe die oggend sy donkie opgesaal en met die amptenare van Moab saamgegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bileam het toe die oggend opgestaan, sy donkiemerrie opgesaal en saam met die hoë amptenare van Moab gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Bileam die volgende oggend opstaan, het hy sy donkie-merrie opgesaal en saam met die amptenare van Balak gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende môre het Bileam sy donkie opgesaal en saam met die leiers van Moab vertrek. |