Numbers 22:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bly dan nou tog ook vanaand hier, dat ek kan weet wat die HERE nog vir my sal sê.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet ook ’n nag hier oorbly. Laat ek hoor of die Here nie nog iets verder het om vir my te sê nie.”
Afrikaans 1933/1953 Nou dan, bly julle tog ook vannag hier, dat ek mag weet wat die HERE verder aan my sal sê.
Afrikaans 1983 Maar bly julle ook 'n nag oor dat ek kan uitvind of die Here weer met my wil praat.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar nou, bly julle ook asseblief vannag hier, sodat ek te wete kan kom wat die Here verder vir my wil sê.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle moet nou ook vannag hier bly, sodat ek kan hoor wat die Here nog vir my wil sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar bly julle ook ’n nag hier by my oor, dan kyk ons of die Here nie dalk weer met my hieroor wil praat nie.”