Numbers 22:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop antwoord Bíleam en sê aan die dienaars van Balak: As Balak sy huis vol silwer en goud vir my wil gee, kan ek nie die woord van die HERE my God te bowe gaan om minder of meer te doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bileam het Balak se amptenare geantwoord: “Selfs al gee Balak vir my sy hele paleis vol silwer en goud, kan ek niks meer of minder doen as wat die Here my God vir my beveel het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord B¡leam en sê aan die dienaars van Balak: Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE my God nie oortree om klein of groot te doen nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar Bileam het vir die amptenare van Balak gesê: “Selfs al gee Balak vir my sy paleis vol silwer en goud, mag ek niks doen, klein of groot, teen die opdrag van die Here my God in nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bileam het geantwoord en vir die amptenare van Balak gesê: “Selfs al gee Balak vir my sy paleis vol silwer en goud, kan ek nie teen die bevel van die Here my God ingaan deur enigiets, klein of groot, te doen nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Bileam het geantwoord en vir die amptenare van Balak gesê: “Ek moet doen wat die Here vir my sê, ook as Balak vir my sy huis vol silwer en goud gee. Ek kan nie minder doen nie en ek kan ook nie meer doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Bileam het vir hulle gesê: “Selfs al sou Balak vir my sy paleis vol silwer en goud gee, mag ek net doen wat die Here my God my toelaat. Niks anders as dit nie. |