Numbers 22:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het by Bíleam gekom en vir hom gesê: So sê Balak, die seun van Sippor: Laat niks jou tog verhinder om na my te kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is na Bileam toe en het vir hom gesê: “So sê Balak, die seun van Sippor: ‘Moenie dat iets jou terughou om na my toe te kom nie.
Afrikaans 1933/1953 en hulle het by B¡leam gekom en aan hom gesê: So spreek Balak, die seun van Sippor: Laat jou tog nie terughou om na my te kom nie.
Afrikaans 1983 Hulle het by Bileam gekom en vir hom gesê: “Balak seun van Sippor sê: Moenie dat iets jou keer om na my toe te kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het by Bileam aangekom en vir hom gesê: “So sê Balak, seun van Sippor, ‘Moet jou asseblief nie deur iets laat weerhou om na my te kom nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die amptenare by Bileam kom, het hulle vir hom gesê: “Balak seun van Sippor sê: Kom na my toe, jy moenie dat iemand jou keer om te kom nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het vir Bileam gesê: “Koning Balak sê: Kom asseblief dadelik na my toe.