Numbers 22:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die vorste van Moab opgestaan en na Balak gegaan en gesê: Bíleam weier om saam met ons te kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is terug Moab toe en het vir Balak gesê: “Bileam weier om saam met ons te kom.”
Afrikaans 1933/1953 En die vorste van Moab het klaargemaak en by Balak gekom en gesê: B¡leam het geweier om saam met ons te gaan.
Afrikaans 1983 Die amptenare van Moab is toe terug na Balak toe en het vir hom gesê: “Bileam weier om met ons saam te kom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hoë amptenare van Moab het hulle gereedgemaak, na Balak gegaan en vir hom gesê: “Bileam weier om saam met ons te kom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die amptenare van Moab het toe gereedgemaak en na Balak toe gegaan en vir hom gesê: “Bileam het gesê hy wil nie saam met ons kom nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is toe terug na Balak toe in Moab met die boodskap: “Bileam weier om saam met ons te kom.”