Numbers 22:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Bíleam die môre klaargemaak en aan die vorste van Balak gesê: Gaan na julle land, want die HERE weier om my verlof te gee om saam met julle te gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Vroeg die volgende oggend het Bileam opgestaan en vir die amptenare van Balak gesê: “Gaan terug na julle land toe. Die Here het vir my gesê ek mag nie saam met julle gaan nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe staan B¡leam die môre op, en hy sê aan die vorste van Balak: Gaan na julle land, want die HERE het geweier om my saam met julle te laat gaan.
Afrikaans 1983 Die volgende môre het Bileam vir die amptenare van Balak gesê: “Gaan terug na julle land toe, want die Here wil nie hê ek moet saam met julle gaan nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bileam het die oggend opgestaan en vir die hoë amptenare van Balak gesê: “Gaan na julle land toe, want die Here het geweier om my toestemming te gee om saam met julle te gaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Bileam die volgende oggend opstaan, het hy vir die amptenare van Balak gesê: “Julle moet teruggaan na julle land, want die Here wil nie hê dat ek saam met julle moet gaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Bileam die volgende môre opstaan, het hy vir Balak se leiers gesê: “Gaan dadelik huis toe. Die Here wil nie hê ek moet saam met julle gaan nie.”