Numbers 22:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, daar het 'n volk uit Egipte gekom wat die aangesig van die aarde bedek; kom nou, vervloek hulle vir my; miskien sal ek hulle kan oorwin en verdryf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘’n Volk het uit Egipte getrek. Hulle is die land vol. Hulle het hulle reg teenoor my kom vestig. Kom tog en vervloek hierdie volk vir my. Miskien kan ek hulle dan oorwin en uit die land verdryf.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek en hulle het die oppervlakte van die land oordek. Kom nou, vervloek hulle vir my; miskien sal ek hulle kan beveg en hulle verdrywe. |
| Afrikaans 1983 | Hier is 'n volk wat uit Egipte getrek het, en die aarde is tóé onder hulle. Kom asseblief en vervloek hulle vir my. Miskien sal ek dan teen hulle kan veg en hulle verdryf!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Kyk, die volk wat uit Egipte getrek het, die aarde is toe onder hulle. Kom dan nou en vervloek hulle vir my. Miskien is ek dan in staat om teen hulle te veg en hulle te verjaag.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ‘Hier het 'n volk uit Egipte gekom, hulle is baie, hulle is oral in die hele land. Nou moet jy kom en jy moet hulle vir my vervloek. Miskien sal ons dan teen hulle oorlog kan maak en hulle uit die land jaag.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Hier het nou ’n groot volk uit Egipte aangekom. Oral waar hulle kom, vat hulle oor. En hulle het hulle nou hier op my voorstoep kom tuismaak. Hulle is te veel vir ons om baas te raak. Kom help my, asseblief! Ek wil hê jy moet hulle kom vervloek; miskien sal ons hulle dan kan baasraak en uit ons land uit wegjaag.’” |