Numbers 21:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het die volk na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig, want ons het teen die HERE en teen jou gespreek; bid tot die HERE dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het na Moses toe gekom en by hom bely: “Ons het ’n fout gemaak met wat ons teen jou en die Here gesê het. Bid tog vir die Here dat Hy die giftige slange van ons af sal wegvat.” Moses het toe namens die volk tot God gebid.
Afrikaans 1933/1953 En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die HERE en teen u gespreek het. Bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.
Afrikaans 1983 Toe kom die volk na Moses toe en bely: “Ons het teen die Here en teen u gesondig met wat ons gesê het. Bid tog tot die Here dat Hy die slange van ons af wegneem.” Moses het toe vir die volk gebid,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volk het na Moses gekom en gesê: “Ons het gesondig, want ons het teen die Here en teen jou uitgevaar. Bid tot die Here dat Hy die slange van ons af wegneem.” Moses het toe vir die volk gebid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het na Moses toe gekom en gesê: “Ons het sonde gedoen, want ons het teen die Here en teen jou gepraat. Jy moet tot die Here bid en jy moet vra dat Hy die slange moet wegneem van ons.” Moses het toe gebid soos die volk gevra het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volk het toe by Moses gaan bely: “Ons erken dat ons sonde gedoen het toe ons teen jou en die Here uitgevaar het. Tree tog vir ons in en vra die Here om hierdie slange weg te vat.” Toe bid Moses vir die volk.