Numbers 21:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het vuurslange onder die volk gestuur, en hulle het die volk gebyt; en baie mense van Israel het gesterf.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het toe giftige slange onder die volk gestuur. Hulle het die volk gepik. Baie uit Israel is daarvan dood.
Afrikaans 1933/1953 Toe stuur die HERE giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe.
Afrikaans 1983 Die Here het toe giftige slange onder die volk ingestuur. Die slange het die mense gepik en baie Israeliete het gesterf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het toe giftige slange onder die volk ingestuur en hulle het die volk gepik. Baie mense van die volk Israel het gesterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die Here slange gestuur wat vlerke het. Die slange het die mense gepik, en baie Israeliete het gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe stuur die Here giftige slange onder die volk in. Die slange het hulle gepik en baie van hulle is dood.