Numbers 21:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? want daar is geen brood en geen water nie; en ons siel verafsku hierdie ligte brood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volk het teenoor die Here en Moses begin kla: “Waarom het jy ons uit Egipte laat trek om hier in die woestyn te sterf? Hier is nie kos en water nie. Ons walg van die nuttelose manna!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos. |
| Afrikaans 1983 | en teen God en Moses uitgevaar: “Waarom het U ons uit Egipte laat trek net om in die woestyn te sterwe? Hier is nie brood en water nie, en ons is sat vir hierdie slegte kos.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volk het teen God en teen Moses uitgevaar: “Waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterf? Want daar is geen brood of water nie, en ons walg van die ellendige kos.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hulle het teen God en Moses gepraat en gekla. Hulle het gesê: “Hoekom het julle ons uit Egipte gebring om in die woestyn te sterf? Want hier is nie kos en water nie, en ons is moeg vir hierdie slegte kos.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | teen God en Moses begin uitvaar: “Hoekom het julle ons uit Egipte uit laat trek net om in hierdie woestyn dood te gaan? Hier is nie behoorlike kos of water nie. Ons is nou al siek en sat vir hierdie walglike kos!” |