Numbers 21:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het van die berg Hor af weggetrek met die pad na die Skelfsee, om die land Edom te omsingel, en die siel van die volk was baie moedeloos vanweë die pad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is van Gorma af weg met die pad na die Rietsee toe om by Edom verby te kom. Langs die pad het hulle ongeduldig begin word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe trek hulle van die berg Hor af weg op pad na die Skelfsee om die land Edom om te trek; maar die siel van die volk het op die pad ongeduldig geword. |
| Afrikaans 1983 | Om by die gebied van Edom verby te kom, het die Israeliete van Horberg af in die rigting van die Rietsee getrek. Op pad daarheen het die volk ongeduldig geword |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het van die berg Hor af weggetrek met die pad na die Rietsee om rondom die land Edom te trek. Maar op pad het die volk ongeduldig geraak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het van Hor-berg verder gegaan op die pad na die Riet-see. Hulle wou óm die land Edom gaan. Maar die mense het moeg geword op die pad |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat die Israeliete nie deur Edom kon trek nie, het hulle van die berg Hor af die pad in die rigting van die Rietsee gevolg. Langs die pad het die volk weer ongeduldig geword en |