Numbers 21:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek het hom en sy hele volk en sy land in jou hand gegee; en jy moet met hom doen soos jy met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het toe vir Moses gesê: “Moenie vir hom bang wees nie. Ek gee vir jou die oorwinning oor hom en sy volk. Ek gee sy land vir jou. Jy sal met hom maak soos jy met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Gesbon gebly het, gemaak het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê die HERE vir Moses: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek het hom en sy hele volk en sy land in jou hand gegee; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Moses gesê: “Moenie vir hom bang wees nie. Ek gee hom met sy hele leër en sy land in jou mag oor. Doen met hom soos jy gedoen het met koning Sihon van die Amoriete wat in Gesbon gewoon het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Moenie vir hom bang wees nie, want in jou hand gee Ek hom met al sy manskappe en sy land. Jy moet met hom maak wat jy gemaak het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Gesbon regeer het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Jy moenie bang wees vir koning Og nie. Ek sal jou laat wen teen hom en al sy manne en sy land. Jy moet doen met hom wat jy gedoen het met koning Sihon van die Amoriete wat in Gesbon gewoon het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Here het vir Moses gesê: “Moenie vir hom bang wees nie, want Ek gee hom met sy hele leër en sy land in julle mag oor. Doen presies met hom wat jy met koning Sihon van die Amoriete gedoen het wat daar in Gesbon gebly het.” |