Numbers 21:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het gestuur om Jaäser te verken, en hulle het sy dorpe ingeneem en die Amoriete wat daar was, verdrywe.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het mense uitgestuur om Jaser te gaan verken. Hulle het dit saam met sy omringende dorpies ingeneem en die Amoriete verjaag wat daar gebly het.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het Moses gestuur om Ja,ser te bespied, en hulle het sy onderhorige plekke ingeneem, en hy het die Amoriete wat daar was, uit hulle besitting verdrywe.
Afrikaans 1983 Moses het manne gestuur om Jaser te gaan verken. Hulle het Jaser en sy buitedorpe ingeneem en die Amoritiese inwoners verdryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het mense gestuur om Jaser te verken, en hulle het Jaser en die omliggende dorpies ingeneem. Hulle het die Amoriete wat daar was, verdryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het spioene na die stad Jaser gestuur, en die Israeliete het die dorpe naby die stad oorwin. Hulle het die Amoriete wat daar was, weggejaag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het mense gestuur om te gaan kyk of dit moontlik was om die stad Jaser te oorrompel. Daarna het hulle die stad aangeval en dit saam met al die dorpe in die omgewing ingeneem en die Amoriete verdryf wat daar gebly het.