Numbers 21:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee jou, Moab! Jy is tot niet gemaak, o volk van Kamos! Hy het sy ontvlugte seuns en sy dogters in ballingskap aan Sihon, die koning van die Amoriete, oorgegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis verby met jou Moab. Jy sal tot niet gaan, volk van Kemos. Hy gee sy seuns prys as vlugtelinge. Sy dogters word gevangenes van Sihon, die koning van die Amoriete. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee jou, Moab! Jy is verlore, volk van Kamos! Hy het sy seuns prysgegee as vlugtelinge, en sy dogters in gevangenskap, aan Sihon, die koning van die Amoriete. |
| Afrikaans 1983 | Dis klaar met jou, Moab, jy gaan tot niet, volk van Kemos! Hy moes sy seuns as vlugtelinge prysgee, sy dogters as gevangenes aan koning Sihon van die Amoriete! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wee jou, Moab! Jy is vernietig, volk van Kemos. Sy seuns wat oorleef, het hy oorgegee, sy dogters in gevangenskap aan Sihon, die koning van die Amoriete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moab, dit sal sleg gaan met jou. Volk van Kemos, julle sal sterf. Jou seuns vlug, jou dogters is gevangenes van Sihon, die koning van die Amoriete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Siestog, julle arme Moabiete! Die einde is vir julle in sig, maar julle wou mos op die god Kemos vertrou! “Maar Kemos het julle seuns aan hulle eie lot oorgelaat en nou is hulle vlugtelinge. Al julle dogters het hy deur die Amoritiese koning Sihon laat vang. |