Numbers 21:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want daar het 'n vuur uitgegaan uit Hesbon, 'n vlam uit die stad Sihon; dit het Ar van Moab en die vorste van die hoogtes van Arnon verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Vuur het uit Gesbon gegaan, ’n vlam uit die stad van Sihon. Dit het Ar in Moab verteer en dié wat in beheer is van die Arnon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want 'n vuur het uitgegaan uit Hesbon, 'n vlam uit die vesting van Sihon; dit het Ar van die Moabiete verteer, die bewoners van die hoogtes van Arnon. |
| Afrikaans 1983 | Daar het 'n vuur uit Gesbon uit gegaan, 'n vlam uit die stad van Sihon, en dit het Ar-Moab verteer wat die Arnonhoogtes beheer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want 'n vuur het uitgegaan uit Gesbon, 'n vlam uit die dorp van Sihon. Dit het Ar-Moab verteer, die besitters van die offerhoogtes van Arnon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want daar het 'n vuur uit Gesbon gekom, 'n vlam uit die stad van koning Sihon. Die vuur het die mense van die stad Ar-Moab verbrand, die mense aan wie die hoë plekke by die Arnon-rivier behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hier van Gesbon van koning Sihon se stad af het die aanval soos ’n verwoestende veldbrand versprei. Dit het die stad Ar in Moab totaal verteer wat die Arnonhoogtes beheer het. |