Numbers 21:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sê die wat in spreuke spreek: Kom na Hesbon, laat die stad Sihon gebou en gereed gemaak word.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis hoekom hulle oor hom gedig het: “Kom na Gesbon en herbou die stad. Herstel die stad van Sihon.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sê die spreukdigters: Kom na Hesbon toe! Laat die stad van Sihon gebou en bevestig word!
Afrikaans 1983 Daarom sê die digters: “Kom na Gesbon toe, bou dit weer op, herstel die stad van Sihon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom sê die spotdigters: “Kom na Gesbon! Die stad van Sihon moet herbou en gevestig word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is hoekom hulle hierdie lied sing: “Kom na Gesbon, bou dit, bou die stad van Sihon,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is oor hierdie oorwinning wat die digters vroeër ’n lied geskryf het: “Kom na Gesbon toe en bou dit weer op, herstel koning Sihon se stad!