Numbers 21:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete, wat teen die vorige koning van Moab geveg het en sy hele land uit sy hand geneem het, tot by Arnon.
Afrikaans (NLV) 2011 Gesbon was die hoofstad van koning Sihon van die Amoriete. Hy het met ’n vorige koning van Moab oorlog gemaak en sy hele land tot by die Arnonrivier van hom afgeneem.
Afrikaans 1933/1953 Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete; hy het naamlik oorlog gevoer teen die vorige koning van die Moabiete en het die se hele land tot by die Arnon uit sy hand geruk.
Afrikaans 1983 Gesbon was die stad van koning Sihon van die Amoriete. Sihon het teen 'n vorige koning van Moab oorlog gemaak en sy hele gebied tot aan die Arnon van hom afgevat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want Gesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete. Hy is die een wat oorlog gemaak het teen die vorige koning van Moab, en sy hele land tot by die Arnon uit sy hand geneem het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gesbon was die stad van Sihon, koning van die Amoriete. Hy het oorlog gemaak teen die eerste koning van Moab en hy het sy hele land gevat, tot by die Arnon-rivier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gesbon was die hoofstad van koning Sihon van die Amoriete. Hy het teen ’n vorige koning van Moab oorlog gemaak en toe sy hele gebied wat tot by die Arnonrivier strek, by hom afgevat.