Numbers 21:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Israel het al hierdie stede ingeneem, en Israel het gewoon in al die stede van die Amoriete, in Hesbon en in al sy dorpe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het al die stede van die Amoriete ingeneem. Hulle het in Gesbon en die dorpe rondom gaan woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Israel dan al hierdie stede ingeneem, en Israel het gewoon in al die stede van die Amoriete, in Hesbon en in al sy onderhorige plekke. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het al die stede van die Amoriete verower en daarin gaan woon, ook in Gesbon en al sy buitedorpe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Israel het al hierdie stede ingeneem. Hulle het hulle gevestig in al die stede van die Amoriete, in Gesbon en in al die omliggende dorpies, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het al daardie stede gevat en hulle het in die Amoriete se stede gaan woon, in Gesbon en al die dorpe daar naby. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het al die stede van die Amoriete in hierdie gebied verslaan en daarin gaan bly. Ook Gesbon en sy omringende dorpe is verslaan. |