Numbers 21:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Israel het hom met die skerpte van die swaard verslaan en sy land in besit geneem van Arnon af tot by Jabbok, tot by die kinders van Ammon, want die grens van die kinders van Ammon was sterk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het hom egter in die geveg verslaan. Hulle het sy land by hom afgevat vanaf die Arnonrivier tot by die Jabbokspruit teenaan die Ammoniete. Die Ammoniete het hulle gebied verdedig.
Afrikaans 1933/1953 Maar Israel het hom verslaan met die skerpte van die swaard en sy land in besit geneem van die Arnon af tot by die Jabbok, tot by die kinders van Ammon; want die grens van die kinders van Ammon was sterk.
Afrikaans 1983 Israel het hom egter verslaan en sy land beset van die Arnon af tot by die Jabbok, tot by die Ammoniete, wie se grens goed versterk was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Israel het hom met die skerpte van die swaard verslaan en sy land in besit geneem, van die Arnon af tot by die Jabbok, tot teen die Ammoniete, want die grens met die Ammoniete was sterk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Israeliete het hard geveg en hulle het hom oorwin. Hulle het sy land gevat van die Arnon-rivier tot by die Jabbok-rivier en tot teen die land van die Ammoniete, want die Ammoniete op die grens was baie sterk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die Israeliete het hulle gewen en baie van hulle soldate doodgemaak. Hulle het hulle land ingeneem van die Arnonrivier af tot by die Jabbokrivier wat die grens van Ammon is. Hulle het egter nie probeer om verder te gaan nie, want hierdie grens is deur baie soldate opgepas.