Numbers 21:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Sihon het Israel nie toegelaat om deur sy grondgebied te trek nie, maar Sihon het al sy volk versamel en teen Israel uitgetrek in die woestyn; en hy het by Jahas aangekom en teen Israel geveg.
Afrikaans (NLV) 2011 Sihon wou Israel egter nie toelaat om deur sy gebied te trek nie. Hy het sy hele volk bymekaargekry en uitgetrek om Israel in die woestyn aan te val. Hy het by Jahas aangekom en daar teen Israel geveg.
Afrikaans 1933/1953 Maar Sihon het Israel nie toegelaat om deur sy grondgebied te trek nie; maar Sihon het al sy manskappe versamel en uitgetrek na die woestyn, Israel tegemoet; en toe hy by Jahas kom, het hy teen Israel geveg.
Afrikaans 1983 Sihon wou Israel egter nie toelaat om deur sy gebied te trek nie. Hy het al sy manskappe opgeroep en Israel in die woestyn tegemoet getrek. Toe Sihon by Jahas kom, het hy Israel aangeval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sihon wou egter nie aan Israel deurgang verleen deur sy grondgebied nie. Sihon het al sy manskappe byeengebring en Israel tegemoetgetrek in die woestyn. Hy het tot by Jahas gekom en teen Israel geveg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Sihon wou nie hê dat die Israeliete deur sy land moet gaan nie. Hy het al sy manne bymekaargeroep en hulle het gegaan om die Israeliete in die woestyn te ontmoet. Toe hy by die stad Jahas kom, het hy oorlog begin maak teen die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Sihon wou nie toelaat dat Israel deur sy gebied trek nie. Hy het sy leër bymekaargekry om die Israeliete in die woestyn aan te val. Die geveg het toe by Jahas plaasgevind.