Numbers 21:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat my deur U land trek; ons sal nie van die water van die put drink nie, maar ons sal op die koning se groot pad gaan totdat ons verby U grens is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Laat ons deur jou land trek. Ons sal nie afdraai na die veld, of na jou wingerde toe nie. Ons sal nie water uit jou putte drink nie. Ons sal reguit hou met die Hoofweg van die Konings totdat ons deur jou gebied is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat my deur jou land trek. Ons sal nie wegdraai in die lande of in die wingerde nie; ons sal die water van die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou tot ons deur jou grondgebied getrek het. |
| Afrikaans 1983 | “Laat ons toe om deur u land te trek. Ons sal nie afdraai na die lande of die wingerde toe nie, en ons sal ook nie water uit die putte drink nie. Ons sal net met die Koningspad langs trek totdat ons deur u gebied is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek wil deur u land trek. Ons sal nie afdraai na landerye en wingerde nie. Ons sal nie water drink uit 'n put nie. Ons sal net op die Koningspad bly totdat ons deur u grondgebied is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ons wil deur jou land gaan. Ons sal nie wegdraai na die koringlande of die wingerde nie en ons sal nie water drink uit die putte nie. Ons sal op die Koningspad bly, totdat ons deur jou land is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Laat ons asseblief toe om deur u land te trek. Ons sal nie deur die landerye of die wingerde trek nie. Ons sal nie eens water uit julle putte skep om te drink nie. Ons sal op die grootpad bly, die een wat die Koningspad genoem word, totdat ons deur u gebied is.” |