Numbers 21:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Israel het 'n gelofte aan die HERE gedoen en gesê: As U hierdie volk werklik in my hand gee, sal ek hulle stede met die banvloek tref.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het toe ’n gelofte aan God gedoen: “As U ons help om hierdie volk te oorwin, sal ons hulle stede uitwis.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Israel aan die HERE 'n gelofte gedoen en gesê: As U hierdie volk heeltemal in my hand gee, sal ek hulle stede met die banvloek tref.
Afrikaans 1983 Israel het 'n gelofte aan die Here gedoen: “As U hierdie volk en hulle stede in ons mag gee, sal ons hulle stede as banoffers aan U offer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel het toe aan die Here 'n gelofte afgelê en gesê: “As U hierdie volk ten volle in my hand gee, sal ek hulle stede met die banvloek tref. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het 'n gelofte gemaak. Hulle het aan die Here belowe en gesê: “As U ons laat wen teen hierdie mense, dan sal ons hulle stede heeltemal verwoes.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het toe hierdie belofte voor die Here gemaak: “As U ons help om hierdie mense te wen, sal ons al hulle stede heeltemal vernietig en dit aan U gee as ’n offer omdat U ons ’n oorwinning gegee het.”