Numbers 21:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die vorste het die put gegrawe, die edeles van die volk het dit in opdrag van die wetgewer met hulle stokke gegrawe. En uit die woestyn het hulle na Mattana gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Put wat deur vorste oopgegrawe is. Wat die leiers van die volk oopgemaak het, met septers en staf.” Hulle het toe uit die woestyn na Mattana toe vertrek.
Afrikaans 1933/1953 o Put wat die vorste gegrawe het, wat die edeles van die volk gedelf het, met die septer, met hulle stawe! -- En uit die woestyn uit na Matt na toe;
Afrikaans 1983 Put wat deur leiers gegrawe is, wat deur vernames van die volk oopgemaak is met septer en kierie.” Van die woestyn af is die Israeliete na Mattana toe,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die put – leiers het dit gegrawe; vooraanstaandes van die volk het dit uitgekap, met 'n heerserstaf en hulle septers.” Van die woestyn af is hulle na Mattana,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is leiers wat hierdie put gegrawe het, die belangrike mense van die volk het jou gegrawe met hulle septers en hulle kieries.” Die Israeliete het uit die woestyn na Mattana gegaan,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers het die put gegrawe en die leiers van ons volk het dit verder met hulle septers en kieries oopgemaak.” Die Israeliete het uit hierdie woeste gebied uit getrek na Mattana toe,