Numbers 21:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarvandaan het hulle na Beer gegaan; dit is die put waarvan die HERE met Moses gespreek het: Versamel die volk, en Ek sal hulle water gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van daar af is hulle na Beër toe. Dit is die Beër waar die Here vir Moses gesê het: “Roep die volk bymekaar dat Ek vir hulle water kan gee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarvandaan het hulle na Beër getrek. Dit is die put waarvan die HERE aan Moses gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan gee. |
| Afrikaans 1983 | Daarvandaan het Israel verder getrek tot by Beër. Dit is die Beër waar die Here vir Moses gesê het: “Laat die volk bymekaarkom en Ek sal vir hulle water uit die put gee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarvandaan is hulle na Beër. Dit is die put waar die Here vir Moses gesê het: “Bring die volk byeen, sodat Ek vir hulle water kan gee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het van daar verder gegaan na die put Beër. Die Here het voorheen met Moses van hierdie put gepraat toe Hy gesê het: “Maak die volk bymekaar sodat Ek vir hulle water uit die put kan gee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarvandaan het Israel getrek tot by Beër. Beër is die waterput waar die Here vir Moses gesê het: “Maak die volk bymekaar, dan gee Ek vir hulle water om te drink.” |