Numbers 21:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan aan die oorkant van die Arnon wat in die woestyn is wat uit die gebied van die Amoriete uitkom; want Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete.
Afrikaans (NLV) 2011 Van daar af het hulle verskuif na die Arnonrivier, wat uit die gebied van die Amoriete vloei. Die Arnon vorm die grens tussen die gebied van die Moabiete en die Amoriete.
Afrikaans 1933/1953 Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan oorkant die Arnon wat in die woestyn is en uit die grondgebied van die Amoriete kom; want die Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete.
Afrikaans 1983 Daarvandaan het hulle weer versit en kamp opgeslaan langs die Arnonrivier wat uit die gebied van die Amoriete deur die woestyn loop. Die Arnon is die grens tussen Moab en die Amoriete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van daar af het hulle weggetrek en kamp opgeslaan oorkant die Arnon in die woestyn wat uitstrek vanaf die grens van die •Amoriete. Die Arnon is immers die grens van Moab; dit lê tussen Moab en die Amoriete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het van daar verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan langs die Arnon-rivier wat uit die Amoriete se land deur die woestyn vloei. Die Arnon-rivier is die grens tussen die land Moab en die land van die Amoriete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het weer opgepak en verder getrek. Toe het hulle aan die noordekant van die Arnonrivier kamp opgeslaan in die woestyn wat tot teen die Amoriete se gebied loop. Die Arnonrivier vorm die grens tussen Moab en die Amoriete.