Numbers 21:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe koning Arad, die Kanaäniet, wat in die suide gewoon het, hoor dat Israel op die pad van die spioene gekom het; toe het hy teen Israel geveg en sommige van hulle gevange geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Kanaänitiese koning van Arad het in die Negevwoestyn gewoon. Hy het gehoor dat die Israeliete in aantog was met die pad wat na Atarim loop. Hy het teen Israel geveg en van hulle mense gevange geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland gewoon het, hoor dat Israel met die pad van Atarim kom, het hy teen Israel geveg en sommige van hulle as gevangenes weggevoer. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Kanaänitiese koning Arad wat in die Suidland woon, verneem dat Israel in die rigting van Atarim optrek, het hy teen hulle gaan veg en 'n aantal van hulle gevange geneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die Negev regeer het, hoor dat Israel in die rigting van Atarim kom, het hy teen Israel gaan veg en sommige van hulle as gevangenes weggevoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Arad, 'n Kanaäniet, het in die Suid-land gewoon. Toe hy hoor dat die Israeliete aankom op die pad na Atarim, het hy oorlog gemaak teen hulle, en party van hulle het sy gevangenes geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die suide van Kanaän gebly het, hoor dat die Israeliete in die rigting van Atarim trek, het hy hulle aangeval en party van hulle gevang en ontvoer. |