Numbers 20:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Moses en Aäron van die vergadering af na die ingang van die tent van samekoms gegaan het, het hulle op hul aangesig geval, en die heerlikheid van die HERE het aan hulle verskyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses en Aäron is van die mense af weg na die ingang van die tabernakel toe. Daar het hulle vooroor gekniel. Die magtige teenwoordigheid van die Here het na hulle gekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gaan Moses en Aäron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan hulle. |
| Afrikaans 1983 | Moses en Aäron het weggedraai van die volk af, en toe hulle by die ingang van die tent van ontmoeting kom, het hulle op hulle knieë geval terwyl die magtige teenwoordigheid van die Here vir hulle sigbaar word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses en Aäron het van die byeenkoms af weggegaan na die ingang van die •Tent van Ontmoeting. Hulle het op hulle gesigte neergeval. Toe verskyn die heerlikheid van die Here aan hulle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses en Aäron het weggegaan van die volk en hulle het gegaan na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle het gaan lê met hulle gesigte teen die grond en hulle het gebid. Toe het hulle die lig gesien wat om die Koning, die Here, is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses en Aäron is toe van daar af weg na die tent toe waar die Here aanbid word. By die ingang van die tent het hulle op hulle knieë gaan staan om te bid. Die Here het toe in ’n baie helder lig aan hulle verskyn |