Numbers 20:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie bose plek in te bring? dit is geen plek van saad of van vye of van wingerde of van granate nie; en daar is geen water om te drink nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Waarom het julle ons uit Egipte weggevat en ons na hierdie onleefbare plek gebring? Hier is nie landerye of vyebome of granate nie. Hier is nie eers water om te drink nie!”
Afrikaans 1933/1953 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.
Afrikaans 1983 Waarom het julle ons uit Egipte laat optrek en ons na hierdie ellendige plek toe gebring? Hierdie plek deug nie vir graan of vye, vir wingerde of granate nie, en daar is geen drinkwater nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons na hierdie slegte plek toe te bring? Dit is nie 'n plek geskik vir saai of vyebome of wingerde of granate nie. Hier is nie eers water om te drink nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom het julle ons laat weggaan uit Egipte? Hoekom het julle ons na hierdie slegte plek gebring? 'n Mens kan nie hier koring saai nie, 'n mens kan ook nie vye of wingerde of granaatbome plant nie, en hier is nie water om te drink nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Waarom het jy ons uit Egipte uit na hierdie ellendige plek toe laat trek? Hier is net mooi niks, nie koring of vye of druiwe of granate nie, hier is nie eers drinkwater nie!”