Numbers 20:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het Aäron se klere uitgetrek en dit sy seun Eleasar aangetrek; en Aäron het daar op die top van die berg gesterf, en Moses en Eleasar het van die berg afgekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het Aäron se klere uitgetrek en sy seun Eleasar dit laat aantrek. Aäron het daar op die kruin van die berg gesterf. Moses en Eleasar het toe van die berg afgeklim. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses het Aäron se klere uitgetrek en dit sy seun Ele sar aangetrek. En Aäron het daar gesterwe op die top van die berg, maar Moses en Ele sar het van die berg afgeklim. |
| Afrikaans 1983 | Daar het Moses Aäron se klere uitgetrek en dit vir sy seun Eleasar aangetrek, en Aäron is daar op die top van die berg dood. Daarna het Moses en Eleasar afgekom van die berg af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het Aäron se klere uitgetrek en dit vir sy seun Eleasar aangetrek. Aäron het daar op die kruin van die berg gesterf en Moses en Eleasar het van die berg afgekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het Aäron se klere uitgetrek en hy het dit vir Aäron se seun Eleasar aangetrek. Toe het Aäron daar bo-op die berg gesterf. Moses en Eleasar het afgegaan van die berg, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bo-op die berg het Moses Aäron sy priesterklere laat uittrek en dit toe vir sy seun Eleasar gegee om aan te trek. Aäron is daar op die berg dood. Daarna het Moses en Eleasar van die berg afgekom. |