Numbers 20:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het gedoen soos die HERE beveel het, en hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het gemaak soos die Here gesê het. Terwyl die volk staan en kyk, het hulle teen die Horberg uitgeklim. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Moses gedoen soos die HERE beveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering. |
| Afrikaans 1983 | Moses het gedoen wat die Here beveel het: voor die oë van die hele volk het hulle Horberg uitgeklim. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het gedoen wat die Here hom beveel het. Hulle het die berg Hor voor die oë van die hele volksvergadering uitgeklim. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gedoen wat die Here gesê het. Hulle het teen Hor-berg opgegaan. Die hele volk het gestaan en kyk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het gedoen wat die Here gesê het. Die drie van hulle is toe saam die berg uit terwyl die volk hulle agterna gekyk het. |