Numbers 20:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aäron sal by sy volk versamel word, want hy sal nie ingaan in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my woord in opstand gekom het by die water van Meriba.
Afrikaans (NLV) 2011 “Aäron gaan nou by sy vaders versamel word. Hy sal nie ingaan in die land wat Ek vir die Israeliete gaan gee nie. Julle twee wou mos nie na my luister by die water van Meriba nie.
Afrikaans 1933/1953 Aäron sal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my bevel wederstrewig was by die waters van M,riba.
Afrikaans 1983 “Die tyd het gekom dat Aäron moet sterf. Hy sal nie in die land kom wat Ek aan die Israeliete gee nie, omdat julle twee julle verset het teen my bevel by die Meribawaters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Aäron gaan met sy mense verenig word, want hy mag nie in die land ingaan wat Ek aan die Israeliete gegee het nie, omdat julle teen my bevel in opstand was by die water van Meriba.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dit is tyd dat Aäron moet sterf. Hy mag nie kom in die land wat Ek vir die Israeliete gee nie, want julle was opstandig teen My by die Meriba-water.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Aäron se einde is hier. Hy gaan sterf. Omdat julle twee by Meriba so hardkoppig was en nie gedoen het wat Ek gesê het nie, sal hy beslis nie in die land ingaan wat Ek aan die Israeliete belowe het nie.