Numbers 20:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Edom geweier om Israel deur sy grondgebied te laat trek; daarom het Israel van hom afgewyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat Edom geweier het om Israel toestemming te gee om deur sy gebied te trek, het Israel van hom af weggeswenk.
Afrikaans 1933/1953 So het Edom dan geweier om Israel toe te laat om deur sy grondgebied te trek. Daarop het Israel van hom af weggedraai.
Afrikaans 1983 So het Edom geweier om Israel deur sy gebied te laat trek, en Israel moes van Edom af wegdraai.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het Edom geweier om aan Israel deurtog deur sy grondgebied te verleen, en Israel het van hom af weggedraai.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Edomiete wou nie hê dat die Israeliete deur hulle land moet gaan nie, en die Israeliete het weggedraai van die land Edom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat Edom geweier het om Israel deur hulle land te laat trek, moes Israel toe maar van koers verander.