Numbers 20:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was geen water vir die vergadering nie, en hulle het bymekaargekom teen Moses en teen Aäron.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was nie genoeg water vir die mense om te drink nie. Hulle het toe op Moses en Aäron toegesak.
Afrikaans 1933/1953 En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom.
Afrikaans 1983 [2-3] Omdat die volk geen drinkwater gehad het nie, het hulle saam teen Moses en Aäron rusie gemaak en gesê: “As ons maar liewer ook omgekom het toe ons volksgenote deur die Here om die lewe gebring is!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe daar nie meer water vir die volksvergadering was nie, het hulle teen Moses en Aäron saamgespan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was nie water vir die volk nie, hulle het bymekaargekom en gekla teen Moses en Aäron.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was nie genoeg water om te drink vir almal nie, en hulle was weer vir Moses en Aäron kwaad.