Numbers 20:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die kinders van Israel vir hom: Ons sal op die grootpad gaan; en as ek en my vee van jou water drink, sal ek daarvoor betaal; ek sal net, sonder om iets anders te doen, op my voete deurgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het hom laat weet: “Ons sal met die grootpad langs hou. As ons of ons vee van jou water drink, sal ons daarvoor betaal. Ons wil werklik niks anders doen nie as net om deur jou gebied te trek.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die kinders van Israel vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee, gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek -- verder niks nie.
Afrikaans 1983 Die Israeliete het weer vir hom laat weet: “Ons sal op die grootpad bly, en as ons, ons en ons vee, van u water drink, sal ons daarvoor betaal. Ons wil net te voet deurtrek, verder niks nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete het toe vir Edom laat weet: “Ons sal net op die grootpad deurtrek. As ons van u water drink, ons en ons vee, sal ons die koopprys daarvoor gee – net dit, niks meer nie. Ons wil te voet deurtrek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het vir hom gesê: “Ons sal op die pad bly, en as ons en ons diere van jou water drink, dan sal ons daarvoor betaal. Ons sal nie probleme maak nie, ons wil net deur jou land loop.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het toe weer mooi gevra: “Ons belowe om net op die grootpad te bly, en as ons of ons vee van die water in julle putte drink, sal ons daarvoor betaal. Ons is nie julle vyande nie, ons wil net die pad deur u land gebruik.”