Numbers 20:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat ons tog deur U land trek: ons sal nie deur die lande of deur die wingerde trek nie, en ons sal nie van die water van die putte drink nie; ons sal op die koning se groot pad gaan, ons sal nie na regs en ook nie links nie, totdat ons by U grense verby is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gee tog toestemming dat ons deur jou land kan trek. Ons sal nie deur jou veld of jou wingerde trek nie. Ons sal ook nie water uit jou putte gebruik nie. Ons sal op die Hoofweg van die Konings bly sonder om links of regs af te wyk totdat ons dwarsdeur jou gebied is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat ons tog deur jou land trek: ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons deur jou grondgebied getrek het. |
| Afrikaans 1983 | Laat ons toe om deur u land te trek. Ons sal nie deur die lande of die wingerde trek nie en ons sal ook nie water uit die putte drink nie. Ons sal op die Koningspad bly en nie links of regs afdraai totdat ons deur u gebied is nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat ons asseblief deur u land trek. Ons sal nie deur lande of wingerde trek nie, en ons sal nie water uit putte drink nie. Van die Koningspad sal ons nie links of regs afwyk nie, totdat ons deur u grondgebied getrek het.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Laat ons nou asseblief deur jou land gaan. Ons sal nie deur julle koringlande of julle wingerde loop nie, ons sal nie water drink uit julle putte nie, ons sal net op die Koningspad bly, en ons sal nie links of regs wegdraai voordat ons deur jou land is nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons vra toestemming om deur u land te trek. Ons sal nie deur u landerye of die wingerde trek nie. Ons sal nie eens water uit julle putte skep om te drink nie. Ons sal op die grootpad bly, die een wat die Koningspad genoem word, totdat ons deur u gebied is.” |