Numbers 20:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe ons die HERE aanroep, het Hy ons stem gehoor en 'n engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei; en kyk, ons is in Kades, 'n stad aan die einde van jou grens.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het die Here om hulp gesmeek. Hy het ons gebede verhoor en sy engel na ons toe gestuur. Hy het ons uit Egipte gelei. Ons is nou by Kades op die grens van jou land.
Afrikaans 1933/1953 Toe het ons die HERE aangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hy het 'n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, 'n stad op die grens van jou grondgebied.
Afrikaans 1983 Ons het na die Here om hulp geroep en Hy het ons gebed verhoor, 'n engel gestuur en ons uit Egipte laat trek. Ons is nou in Kades, 'n stad aan die grens van u gebied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons het na die Here om hulp geroep; Hy het ons hulpgeroep gehoor en 'n •engel gestuur. Hy het ons uit Egipte laat wegtrek. Kyk, ons is nou in Kades, 'n dorp op die grens van u grondgebied.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe het ons tot die Here gebid en gevra dat Hy ons moet help. Die Here het gehoor en Hy het 'n engel gestuur en ons uit Egipte gebring. Ons is nou hier in Kades, 'n stad wat op die grens van jou land is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het ons by die Here hulp gaan soek, en Hy het ons gebede beantwoord en ’n engel gestuur om ons uit Egipte weg te lei. Op die oomblik is ons in Kades, ’n stad op die grens van u grondgebied.