Numbers 20:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe stuur Moses boodskappers van Kades af na die koning van Edom: So sê jou broer Israel: Jy weet al die moeite wat ons getref het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het van Kades af boodskappers na die koning van Edom gestuur: “Jou broersvolk Israel sê: Jy weet watter ontberings ons gely het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het Moses uit Kades boodskappers na die koning van Edom gestuur: So sê jou broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het. |
| Afrikaans 1983 | Moses het boodskappers van Kades af na die koning van Edom toe gestuur met die versoek: “So sê u broer Israel: U is bewus van al die probleme waarmee ons te kampe gehad het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het boodskappers gestuur vanaf Kades na die koning van Edom: “So sê u broer Israel, ‘U weet self van al die swaarkry wat ons ervaar het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het uit Kades boodskappers gestuur na die koning van die land Edom. Hy het gesê: “Dit is jou broer-volk, die Israeliete, wat praat. Jy weet van die baie probleme wat ons gehad het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het boodskappers van Kades af na die koning van Edom toe gestuur om met hom te onderhandel. Hulle moes vir hom sê: “Hierdie boodskap is van u eie familie, die Israeliete af: U weet self hoe swaar ons al gehad het. |