Numbers 20:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die water van Meriba; want die kinders van Israel het met die HERE getwis, en Hy is in hulle geheilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vandaar die naam “Waters van Meriba”, want die Israeliete het daar met die Here getwis. Daar het Hy vir hulle gewys hoe heilig Hy is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die waters van M,riba waar die kinders van Israel met die HERE getwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het. |
| Afrikaans 1983 | Dit het gebeur by die Meribawaters waar die Israeliete met die Here rusie gemaak het, en waar Hy Hom as die Heilige aan hulle bekend gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was die water van Meriba, waar die Israeliete die Here verwyt het, en Hy homself toe as heilig aan hulle bekend gemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het gebeur by die Meriba-water. Die Israeliete het daar vir die Here beskuldig, en Hy het vir hulle gewys dat Hy die heilige God is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense het toe die plek die waters van Meriba, “waters waar daar rusie gemaak word”, genoem omdat die Israeliete daar opstandig was teen die Here, en omdat Hy daar vir hulle gewys het hoe groot en heilig Hy is. |