Numbers 20:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Moses sy hand opgehef en die rots twee maal met sy staf geslaan, en die water het in oorvloed uitgekom, en die vergadering het gedrink en ook hulle vee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het sy hand opgelig en twee keer met die stok teen die rots geslaan. Daar het toe water uitgeborrel. Al die mense en hulle vee het gedrink totdat hulle versadig was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee. |
| Afrikaans 1983 | Toe lig Moses sy hand op en hy slaan die rots twee keer met die kierie. Daar het baie water uitgekom, en die volk en hulle vee het gedrink. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het sy hand gelig en die rots twee keer met sy staf geslaan. Toe kom daar baie water uit, sodat die volksvergadering en hulle vee kon drink. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe lig Moses sy arm op en hy slaan die rots twee maal met die kierie. Daar het baie water uitgekom, en die volk en hulle diere het gedrink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe lig Moses sy arm op en slaan die rots twee keer met die kierie. Skielik het daar ’n groot stroom water uit die rots uitgestroom. Almal, mens en dier, het genoeg gehad om te drink. |